Aanvallers skiet pa dood – Kempton Park


Aanvallers het ’n pa van Bredell, Kempton Park, gister in die vroeë oggendure koelbloedig deur die venster van sy slaapkamer op die eerste verdieping van sy huis doodgeskiet.

Aanvallers skiet pa dood - Kempton Park

Chantell en Manfred Schmidt. Inbrekers het hom in sy slaapkamer doodgeskiet.

Manfred Schmidt (42) se vrou, Chantell, het onder die bed ingekruip, maar haar man se moordenaars het haar aan haar bene daar uitgesleep.

Toe die egpaar se 14-jarige tweelingseuns, Kyle en Brendan, kom kyk wat aangaan, het die moordenaars hulle ook met ’n wapen aangehou en op hulle gevloek.

Nadat die aanvallers twee skootrekenaars en drie selfone geroof het, het hulle by die huis van Chris van Niekerk, Manfred se swaer, op dieselfde landbouhoewe probeer inbreek.

Die Schmidts was nog besig met werk aan hul nuwe huis op die hoewe in Charlesstraat waarop Van Niekerk en Chantell se pa, Jackie Andrews, in aparte huise naby mekaar woon.

Dis net enkele kilometers van die plaas by Olifantsfontein waar Eddie Fouché, ’n plaasvoorman, Maandagoggend vermoor en Gert van Wyk, sy werkgewer, gewond is. Van Wyk was gister nog in ’n bedenklike toestand.

In die jongste voorval het vermoedelik vier rowers gisteroggend net ná 02:00 blykbaar by die hoek van ’n 2 m hoë baksteenmuur met elektriese draad bo-op geklim en daarna ’n leer gebruik om by die slaapkamervenster op die eerste verdieping uit te kom.

“Hulle het blykbaar probeer om die venster verder oop te maak en die blindings voor die venster weg te trek,” het Van Niekerk gesê.

“Manfred het dit gehoor en opgespring, toe skiet hulle hom dood. Chantell het gegil en probeer om onder die bed in te kruip.

“In daardie stadium was die inbrekers reeds in die kamer en het haar aan haar bene onder die bed uitgesleep.

“Die seuns het kom kyk wat aangaan en is met die vuurwapen gedreig.”

Die rowers is met twee skootrekenaars en drie selfone vort.

“Ons krag het sowat ’n uur voor die aanval afgegaan. Toe ek ná die skoot en die gil buite op my balkon kom, kon ek figure daar by Manny se huis sien,” het Van Niekerk gesê.

“Van hulle was ook besig om op die grondvlak van my huis te probeer inbreek. Ek het vier waarskuwingskote in die gras voor die huis geskiet.

“Die rowers het oor die muur geklim en verdwyn.”

Van Niekerk het die noodknoppie van die veiligheidsmaatskappy gedruk en hulle en die polisie was kort daarna daar.

Lede van die forensiese ondersoekspan het verskeie vingerafdrukke gekry waar die aanvallers oor die muur geklim het.

Vriende en ’n traumaberader het Chantell en die seuns gisteroggend in die huis ondersteun.

Volgens kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder van Kempton Park, ondersoek die polisie verskeie leidrade, maar is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Deur Wolfram Zwecker – 2013-01-30

Boewe klouter op, skiet pa dood

Advertisements

About Conner Doyle
CENSORBUGBEAR.org - Webmaster CBB - www.censorbugbear.org

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: