ANC orkestreer onrus in Boland, sê minister


KAAPSTAD. – Hy het “geen twyfel” dat die onrus in die Boland deur die ANC “georkestreer” is nie, het Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gesê.

Tydens ’n tussenwerpsel gister in die Wes-Kaapse parlement oor wynuitvoere het Carol Beerwinkel, ANC-LPP, gesê dit is onsensitief om oor wynuitvoere te praat terwyl “Rome brand”.

“Om te sê dit (die stakings) is polities gemotiveer, beledig die arm mense se intelligensie, want jy sê hulle kan nie self besluit dat hul lone te laag is nie,” het sy gesê.

Winde het gesê Beerwinkel moet haar feite regkry – die minimum lone is deur die minister van arbeid, Mildred Oliphant, Cosatu en boere goedgekeur.

“Ek het geen twyfel dit (die plaaswerkerstaking) is deur die ANC georkestreer nie.”

Hy het voorts die hoop uitgespreek dat Beerwinkel die Oos-Kaapse ANC se “onverantwoordelike” beroep om Wes-Kaapse wyne te boikot, sal veroordeel.

Beerwinkel het gesê Winde beledig haar intelligensie.

Bron – ANC orkestreer onrus in Boland, sê minister

Advertisements

Wyn-boikot kan 300 000 poste kos


Kaapstad – Die plaaslike wynbedryf kan ten gronde gaan en derduisende mense werkloos laat as ‘n ANC-voorstel om Suid-Afrikaanse wyne te boikot, vrugte afwerp, het Landbou.com berig.

“Dit sal ’n enorme impak hê. Ek kan net nie sien dat daar 300 000 mense in die strate moet rondloop nie. Dit kan net nie gebeur nie!”

Só sê Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-vereniging, oor die moontlikheid dat Suid-Afrika se wynbedryf verwoes kan word.

Volgens Truter word dié aantal mense net in die Wes-Kaap deur dié bedryf onderhou.

Hy sê ’n boikot van die bedryf gaan beteken dat ’n boer nie ’n inkomste kan genereer nie, wat op die ou end sal beteken dat hy nie sy werkers kan betaal nie.

Volgens berigte is stakers tans besig om chaos op Swellendam te veroorsaak en dat paaie na die dorp toegemaak is.

Dit volg nadat die staking ná Woensdag se geweld, tydelik opgeskort is.

Bron – Wyn-boikot kan 300 000 poste kos

%d bloggers like this: