Geen werk vir Blankes in Johannesburg – ANC


“Ons staan aan die begin van die nuwe finansiële jaar in die Johannesburg Metro en die Uitvoerende Burgemeester, Parks Tau (ANC) het dit baie duidelik gemaak dat geen werk vir wittes geskep sal word nie en dat die ANC sy Swart Ekonomiese Bemagtiging-strategie aggressief sal navolg”, het Franco de Lange, VF+ Hoofsweep in die Johannesburg metro gesê.

Geen werk vir Blankes in Johannesburg - ANC

Die uitlating spruit uit die vrae wat Rdl de Lange al vyf keer in die Raad gevra het oor ‘n periode van drie jaar. In die vorige termyn van 2006 tot 2011 het die stad se EPWP projekte 165 000 korttermyn werksgeleenthede geskep waar jong mense sekere vaardighede kon leer om hulle vir die privaatsektor voor te berei.

Die VF+ het ‘n voorstel ter tafel gelê dat die stad vir elke tien swart aanstelings, een blanke in diens kan neem maar die ANC het geen belangstelling getoon nie.

Raadslid de Lange het beklemtoon dat armoede regoor die kleurgrens strek en dat werkskepping nie net na die een kant toe kan plaasvind nie.

Hy het ook ‘n dringende beroep op die regering gedoen dat dit nou hoog tyd is om van regstellende aksie ontslae te raak want dit veroorsaak rassespanning tussen Suid-Afrikaners.

ANC Sê GEEN WERK VIR WITTES IN JOHANNESBURG

Skep moed & stop die moorde


Die regering se stilswye oor plaasmoorde skep agterdog onder die publiek.

Video LinkYouTube

Ierse maatskappy verkoop SA-koerantgroep


‘n Ierse mediamaatskappy het sy koerantgroep in Suid-Afrika, wat The Star insluit, vir $227 miljoen (sowat R2 miljard) aan ‘n plaaslike maatskappy verkoop.

In ‘n verklaring wat Sondagaand uitgereik is, het Independent News & Media PLC, wat in Dublin gebaseer is, gesê hy het sy Suid-Afrikaanse groep aan Sekunjalo Holdings verkoop.

Iqbal Surve is die uitvoerende voorsitter van Sekunjalo Holdings.

Independent News & Media se Suid-Afrikaanse portefeulje sluit in The Star, wat in Johannesburg gebaseer is en tans ‘n daaglikse sirkulasie van 105 000 kopieë het. Dit sluit ook in The Pretoria News, Cape Times en die Cape Argus, sowel as weeklikse koerante.

Die koerantgroep is glo verkoop omdat sirkulasiesyfers in Suid-Afrika afneem.

SAPA

Ierse maatskappy verkoop SA-koerantgroep

Dié ‘nare’ boer het ’n groot hart


Dit ontstel my toenemend as ek in dagblaaie en tydskrifte lees van die “nare” boere wat hul werkers slegs R69 per dag betaal – so of net dié syfer die volledige arbeidsprentjie op ons plase beskryf.

Dié ‘nare’ boer het ’n groot hart

Niemand is verplig om op ’n plaas te werk nie, al klink ’n arbeider se loon vir die buitestander na min. Plaaswerkers doen dit omdat hulle besef hul pakket is veel beter as dorpsbetaling, meen die skrywer.| Foto: Jaco Marais

Ek is een van daardie sogenaamde nare boere wat ’n loon van net meer as die minimum betaal – die laags besoldigde van ons nege werkers verdien R78,50 per dag.

Tog is daar ’n waglys van mense wat eerder by my wil werk as om in ’n plakkerskamp te krepeer of om op die dorp te werk vir ’n werkgewer wat geen van die byvoordele bied wat plaaswerkers kry nie.

So, kom ons kyk bietjie na die omstandighede soos dit op baie plase is en vergelyk dit met wat werkers in dorpe en stede het.

My werkers bly in gratis behuising wat waarskynlik beter is as enige laekoste-huis in Suid- Afrika. Ek het elke sent vir die bou daarvan betaal.

Elke huis het ’n sonverwarmer vir warm water, ’n volledige badkamer met ’n stort en ’n spoeltoilet.

Maar dit tel seker niks?

Ek het met my eie geld meer as ’n kilometer ver water en krag aangelê, opgaartenks opgerig, mangate gegrawe en riool- stelsels gebou om dit alles moontlik te maak.

Boonop is ek my eie dienslewerings-en-instandhoudingsdepartement. Hier is nie ’n munisipaliteit wat jy kan bel as daar ’n probleem is nie. Wanneer daar op ’n Sondagoggend voor kerk nie water by die werkershuise is nie – omdat iemand per ongeluk ’n kraan oopgelaat het – kanselleer ek my kerkbywoning en neem onmiddellik ’n enjin en gaan pomp water sodat my werkers binne ’n kwessie van ’n paar uur water kan kry.

Hier is ook nie ’n munisipale amptenaar wat ’n verstopte toilet kom oopmaak nie – ek doen dit self!

In teenstelling hiermee verstaan ek die naburige dorp sit dikwels tot twee weke sonder lopende water. Met die riolering gaan dit duidelik nie veel beter nie, gemeet aan die onaangename stank wat gereeld oor die dorp hang. Dis so erg dat my plaaswerkers verkies om op hul naweke vry eerder op die plaas (met sy “nare” baas) te bly as om dorp toe te gaan.

Terloops, elke werkershuis op my plaas het ook ’n Fire World-stoof – deur my voorsien – wat in die Vrystaatse winter die hele huis heerlik warm maak. My trekker, wa en gereedskap is gratis beskikbaar vir plaaswerkers om soveel hout as wat hulle wil te gaan bymekaarmaak.

Tel dit nie?

Elke werker kry ook elke oggend twee liter melk gratis vir sy huisgesin se gebruik. As hy dit op die dorp sou moes koop sal dit hom ongeveer R450 per maand uit die sak jaag.

Die plaaslike taxi-man sê hy sal my werkers R800 per maand vra om hul kinders skool toe te ry – ek doen dit gratis.

Ek gaan doen die meeste van my werkers se kruideniersinkopies op die dorp – selfs die battery vir die afstandsbeheerder van die skottel-TV wat ek by elke huis laat installeer het.

Ek ry siek mense, wat nie eens vir my werk nie, dokter toe. My vrou vang babatjies in die nag omdat die ambulans nie opdaag nie. En ek gaan staan selfs elke maand in die ry by die bank om my werker se onderhoud te betaal en ja, ons doen dit ook gratis!

Moet dit nie iets tel nie?

Ek gaan koop selfs die gif vir sy hoenders se luise en verskaf die mielies wat die hoenders eet.

Dan is daar ook die gratis springbokbiltong wat elke huisgesin elke jaar kry, wild wat hulle vang, vrugte uit die boorde en medisyne as hul siek is.

Tel dit ook niks?

’n Inspekteur van die departement arbeid was ongeveer ’n maand gelede hier, aanvanklik baie skepties toe hy hoor wat ek my werkers betaal. Ek het hom uitgedaag om die sommetjie te maak en uiteindelik het ek hom oortuig dat die bykomende “in natura”-verdienste meer as R2 000 per maand beloop. En dit sluit nie eens die koste van die bou of die instandhouding van die huise in nie.

Bowendien is niemand verplig om vir hierdie “nare” boer te werk nie. Hulle doen dit omdat hul besef die totale pakket is ’n beter alternatief as wat hulle in die dorp kry en, meer belangrik, omdat hulle wil.

Dit is hul keuse.

So, asseblief, volgende keer as iemand kla oor die “nare” boer wat slegs R69 per dag betaal, vra hom bietjie uit oor die kilometer kragkabel wat R60 per meter kos. Vra hulle of hulle ’n werkgewer in die stad ken wat al een meter kragkabel vir een van sy werknemers se huis gekoop het.

Nog beter, vra hom of sy werkgewer in die stad ook bereid is om sy verstopte spoeltoilet op ’n Sondagoggend voor kerk te kom oopkrap.

Ten spyte van al die vyandigheid teenoor boere beskryf Van Schalkwyk hom steeds as ’n “baie gelukkige boer en voorsiener van skaapvleis vir die land”. Sy plaas is in die Suid-Vrystaat.

‘Iewers moet ’n ou sny’

Dries van Schalkwyk sê die nuutvasgestelde minimum loon van R105 per dag sal sy salarisrekening met R7 000 per maand of R84 000 per jaar laat toeneem. Terselfdertyd moet hy die skok absorbeer van lamspryse wat nou R14/kg of R490 per lam minder is as ’n jaar gelede. “Op 800 lammers is dit ’n daling van amper R400 000 per jaar, terwyl my loonrekening met R84 000 styg.

“Iewers moet ’n ou sny, so wat doen jy? Jy verminder die werkers.”

Deur Dries van Schalkwyk

Dié ‘nare’ boer het ’n groot hart

Brief uit ‘n wit plakkerskamp


My God, My Anker – Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir ‘n rukkie, ‘n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om ‘n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se dood ‘n gat gelos -vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar. Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele bestaan opgesom in ‘n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed?

Brief uit 'n wit plakkerskamp

Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers ‘n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie… Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siek wees jou dood maak. Dit maak die rede dood ‘n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood. Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer ‘n dag hoef te eet.

Ja, om te dink daar was ‘n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis ‘n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier’s niks om te eet nie. Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet – en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.

Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel “scrap metal” en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek ‘n “tip” of ‘n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf – al is arm wees genoeg van ‘n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie ‘n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie. Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak. Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie… Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue … doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie!

Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel? Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien.

Hulle leef met ‘n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie. Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op ‘n manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my “scrap metal” of “tip” my vir die karre wat ek oppas nie.

Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat ‘n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.

Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

Jesusliefde!

Brief uit ‘n wit plakkerskamp (Facebook login required)

Gun my ook ruimte


Die ANC se resep vir nasiebou werk nie. Jy kan nie van een sportbyeenkoms na die ander strompel en dit dan nasiebou noem nie, skryf Pieter Mulder, VF Plus-leier.

Gun my ook ruimte

Soveel verskillende identiteite in een land.

‘Praat jy Suid-Afrikaans?” het ’n Amerikaanse joernalis my onlangs in ’n onderhoud gevra. Hy het die oggend in Suid-Afrika aangekom en duidelik geen huiswerk oor die land gedoen nie.

Toe ek aan hom verduidelik dat Afrikaans my eerste taal is en dat my voorvaders in 1680 hier aangekom het, lank voordat die meeste Amerikaners in die VSA aangekom het, was sy volgende vraag: “Hoeveel mense in Suid-Afrika praat dan Suid-Afrikaans?”

Tydens die onderhandelinge in 1995 plaas die grondwetskrywende vergadering ’n koerantadvertensie wat lui: “Suid-Afrika: 20 miljoen vroue; 18 miljoen mans; 8 gelowe; 25 kerkgroepe; 31 kultuurgroepe; 14 tale; 9 rassegroepe; 1 land.”

Soveel verskillende identiteite in een land.

“Nasiebou” en “sosiale kohesie” word daarom in amper elke politieke toespraak gebruik. Hoe presies die nasie gebou moet word, verskil van spreker tot spreker.

Beskik ons in Suid-Afrika oor die regte resep vir nasiebou? Ek sê nee. Die ANC se huidige resep werk nie. Jy kan nie van een internasionale sportbyeenkoms na die volgende strompel en dit dan nasiebou noem nie.

Hoekom het nasiebou in Europa geslaag, maar in verskeie Afrika-lande misluk? In Europa was nasiebou makliker omdat die meeste mense in ’n land dieselfde taal praat en kultuur deel.

Toe die Europese lande Afrika onder hulle verdeel het, is mense van verskillende taalgroepe kunsmatig in een land saamgegooi.

In hierdie Afrika-state is daar nie een taal en kultuur om vir nasiebou te gebruik nie. As alternatief is die weerstand teen die Europese oorheersers as nasiebouresep gebruik.

Omdat die Europese “base” teruggegaan het Europa toe, het dit goed gewerk om mense so saam te snoer teen ’n gemeenskaplike afwesige vyand.

Hierdie Afrika-resep kan nie in Suid-Afrika werk nie. Oudpres. Nelson Mandela het dit besef. Daarom het hy uitgereik na Afrikaners en ander wit mense wat geen ander land het waarheen hulle kan terugkeer nie. Om hulle tot vyande te verklaar is die Malema-resep wat verdeel en polariseer. Telkens wanneer die ANC in die moeilikheid is, word die Malema-resep nader getrek deur sommige leiers. Dan word die wit mense, die Afrikaners of die boere as die oorsaak van die probleme en as vyand geïdentifiseer.

Wat is die ANC se huidige resep? Dit is ’n kombinasie van die Malema-resep en die ou Britse assimilasie­resep.

Met assimilasie probeer die meerderheid die minderhede insluk. Tydens die Anglo-Boereoorlog skryf die Britse onderwysminister aan lord Milner oor die Afrikanerkinders in die konsentrasiekampe: “We must appeal to England, and ask the sisters and daughters of those who have been fighting for the Empire to come out and complete that part of the work which their male relatives are unable to accomplish?.?.?. I feel that the opportunity during the next year of getting them all to speak English and become Englishmen is golden.”

“Daar word van die minderheid verwag om deel van die meerderheid te word,” het dr. Nkosazana-Dlamini Zuma verlede jaar op die beraad oor sosiale kohesie aan Afrikaanssprekendes gesê.

Alexis de Tocqueville het minder­hede se dilemma korrek opgesom: “?.?.?. hulle kan net deel van die meerderheid word as hulle die dinge laat vaar wat werklik vir hulle belangrik is” (soos hul taal en kultuur).

Die prys vir aanvaarding, volgens hierdie resep, is dat minderhede juis die sake wat vir hulle kosbaar is en wat hul identiteit bepaal, moet opoffer. Hierdie resep lei tot konflik en sweep groepe op teenoor mekaar.

Waar die groot verskeidenheid identiteite in Suid-Afrika ons ryker en sterker behoort te maak, word die verskille nou verdelende faktore.

So ’n verdelende faktor is die afdwing van een taal in Suid-Afrika.

Dr. Neville Alexander, voormalige Robbeneiland-gevangene en PAC-aktivis, het soos volg hierop gereageer:
“ ’n Engels-alleen-beleid vonnis die meeste mense tot permanente middelmatigheid omdat hulle nie spontaan, kreatief en selfversekerd kan wees as hulle nie hul eerste taal kan gebruik nie.”

Op Afrika-kongresse wat ek bywoon, praat hulle oor die slegte koloniale tyd, maar die bespreking is in die koloniale tale. Europa het ’n ander resep. Die Europese Unie en parlement het 23 werktale. As Europa die Afrika-patroon sou volg waar die oorspronklike koloniseerder se taal gebruik word, sou Latyn as die oorspronklike taal van die ou Romeinse Ryk die taal van die EU gewees het!

’n Tweede verdelende faktor is die benadering dat nasiebou afgedwing kan word.

Die titel van die fliek Invictus kom van ’n gedig wat Mandela in die tronk vir inspirasie gebruik het. Volgens die gedig kan jy enigiets met my doen, maar jy kan nie my denke met wette of geweld verander nie.

Dit lyk of die huidige ANC geen les daaruit geleer het nie.

Louis Botha was een van die helde ná die Anglo-Boereoorlog met sy pogings om Britse imperialisme in Suid-Afrika te keer. Die Britse owerhede het die Zoeloekoning Dinuzulu in 1908 in die tronk gegooi.

Een van die eerste goed wat Louis Botha in 1910 as nuwe eerste minister gedoen het, was om opdrag te gee dat hy vrygelaat word. Vandag staan Dinuzulu en Louis Botha se standbeelde ter erkenning hiervan langs mekaar in Durban.

Elke keer as ek in Pretoria verby die straatnaamveranderinge ry en sien hoe die ANC ’n rooi streep deur Louis Botha se naam getrek het, is ek opnuut kwaad. Ek beleef dit as die miskenning van my helde en geskiedenis. Nasiebou kan op geen manier op mense afgedwing word nie. As dit nie ’n vrywillige proses van alle deelnemers is nie, slaag dit nie.

Die regte nasiebouresep is om die verskillende identiteite as ’n bate te beskou en te erken. Daardeur skep jy ’n situasie waar almal soos wenners voel en daar geen verloorders is nie. “Ons kan lief wees vir wie en wat ons is sonder om te haat wie en wat ons nie is nie,” het Kofi Annan dit goed opgesom.

Ek vra ruimte om myself in Afrika te wees. Dat daar ook ’n plek vir my, my taal en erkenning aan my helde sal wees. Is dit te veel gevra?

Die voorwaarde is dat ons wat ná uhuru in Afrika agtergebly het, ons identiteit moet vind in ons verhouding met Afrika.

Prof. Doehring van die Max Planck-instituut in Duitsland het hul Europese navorsing hieroor soos volg opgesom: “Dit is duidelik dat die nasies en volke van Europa nie omgee om deel te word van die groter Europese vrugteslaai nie mits elkeen toegelaat word om sy identiteit te behou as of ’n piesang of ’n lemoen in die vrugteslaai.”

“Die stam moet sterf vir die nasie om te leef,” was die mislukte resep in baie Afrikastate. Vandag is baie van hierdie “nasies” dood, maar die stamme baie lewendig.

Ons keuses:
– Die Malema-verdeelresep of die Mandela-uitreikresep;
– Die mislukte Afrika-assimilasieresep of die suksesvolle Europese resep.

Ek kies die Europese resep waar alle identiteite met wedersydse respek waardeer word en deur wette, minderheidsregte en selfbeskikking geakkommodeer word.

– Dr. Mulder is ook adjunkminister van landbou, bosbou en visserye.

Gun my ook ruimte

Wit plaasarbeiders vir minder as minimum loon aangestel


Werklose wit mans het nou die geleentheid om as arbeiders op plase aangestel te word teen veel minder as die minimum loon – indien hulle bereid is om te werk.

Wit plaasarbeiders vir minder as minimum loon aangestel

Nadat Mildred Oliphant, minister van landbou, verlede week aangekondig het dat die minimum loon vir plaaswerkers vanaf 1 Maart sal styg na R105, het ʼn boer van Limpopo besluit om ʼn plan te maak. Die boer, wat anoniem wil bly, het kontak gemaak met ʼn paar ander boere van regoor die land wat met die hande in die hare is omdat hulle nie dienuwe loon vir plaaswerkers kan bekostig nie. Daarna het hy ʼn advertensie op Facebook geplaas, waarin hy wit mans en vroue nooi om aansoek te doen vir werk op plase, wat “verblyf en ander voordele” insluit.

Volgens die boer is hulle binne enkele dae, en met net ʼn advertensie op Facebook, oorval met aansoeke. “Meer as 500 aansoeke is ontvang,” het hy gesê. “Dit lyk of ons dit gaan regkry om sowat 100 van hierdie mense op plase regoor die land te plaas. Al hierdie mense is bereid om vir heelwat minder as die minimum loon te werk.”

Dié projek was bloot ʼn eksperiment, sê hy, en hulle het glad nie verwag om soveel reaksie te kry nie. Die advertensie was veral gerig op mans in wit plakkerskampe wat graag ʼn inkomste wil verdien.

“Ons het hierdie keer slegs mans aangestel,” het hy gesê. “Indien ons voortgaan met die projek en weer adverteer, sal ons probeer om vroue en kinders saam met die mans na plase te verskuif. Ons wil nie graag gesinne van mekaar skei nie.”

In reaksie op die aankondiging dat die minimum loon vir plaaswerkers na R105 styg, het Agri SA en TLU SA verklarings uitgereik wat daarop dui dat tot sowat 100 000 plaaswerkers hul werk, wat dikwels behuising insluit, kan verloor.

Wit plaasarbeiders vir minder as minimum loon aangestel

ANC wil plaasgrond verder belas


Boere gaan ook op “onbenutte” grond belas word en buitelanders mag voortaan nie meer eiendom in Suid-Afrika besit nie.

Dít is van die finale resolusies oor landelike ontwikkeling en grondhervorming wat die ANC in Desember op sy nasionale kon­­fer­ensie in Mangaung aanvaar en pas bekend gemaak het.

Die resolusies bevestig opnuut die beleid van gewillige koper/verkoper moet vervang word deur ’n stelsel wat billik en regverdig is.

’n Grondoudit van staatsgrond wat al jare sloer, moet spoedig afgehandel word.

Daarna sal buitelanders grond in Suid-Afrika net op lang termyn kan huur.

Dr. Theo de Jager, Agri SA se vise-president, sê hulle is bekommerd oor die belasting van “oortollige” grond.

“Watter boer gebruik elke stukkie van sy plaas? Grond word geroteer vir aanplanting of weiding. Die regering kan nie vir ons definieer wat oortollige grond is nie.”

Oor buitelanders wat nie grond kan besit nie, sê De Jager ’n 2006-studie het gewys net 1% van plaasgrond behoort aan buitelanders.

Samuel Seeff, voorsitter van Seeff Eiendomme, sê dit is ’n mite dat buitelanders die duurste en beste eiendom in Suid-Afrika koop en besit.

“Net tussen 3% en 6% van alle residensiële eiendom in Suid-Afrika behoort aan buitelanders. Hulle dra by tot infrastruktuurontwikkeling en die meeste buitelanders koop eiendomme kontant, wat tot beleggingsvloei na Suid-Afrika bydra.”

Dawie Roodt van die Efficient-groep sê dit sal Suid-Afrika se beeld verder knou.

ANC wil dié grond belas

Eerste plaaswerkers gepos


Boere gaan masjinerie koop om werkers te vervang, al hoe meer werkloses gaan na die stede stroom en die hoër landboukoste gaan uiteindelik aan die verbruiker deurgegee word.

Eerste plaaswerkers gepos

In Kaapstad het Nils Flaatten, uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap Wesgro, gesê boere en landboumaatskappye gaan begin om meer te meganiseer.

Dít is hoe sakelui die impak beskryf van die minimum loon vir plaaswerkers wat tot R105 per dag verhoog is.

Intussen het die minister van arbeid, Mildred Oliphant, by monde van haar woordvoerder, Musa Zondi, gesê boere moenie oorhaastig optree of werkers onnodig afdank nie.

“Die boere moet eers oor die skok kom en versigtig wees om nie halsoorkop besluite te neem nie,” het Marius van der Westhuizen, voorsitter van die Langkloof Landbougenootskap, gesê.

Tony Ehrenreich, Cosatu se hoofsekretaris in die Wes-Kaap, het ook gesê die vakverbond gaan dophou of boere hul werkers onnodig afdank.

Boere in Limpopo en Noordwes het egter reeds aangedui hulle sal sowat ’n derde van hul werkers moet afdank, blyk uit verklarings van Agri SA en Agri Noordwes.

’n Groep van 28 boere van Levubu het gesê hulle sal 670 van hul 1700 werkers moet afdank, terwyl meer as 700 plaaswerkers in Magoebaskloof en omstreke klaar gehoor het hulle moet loop.

In Kaapstad het Nils Flaatten, uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap Wesgro, gesê boere en landboumaatskappye gaan begin om meer te meganiseer.

Hy verwag stygende voedselpryse, omdat arbeidskoste saam met hoër krag- en brandstofpryse aan verbruikers deurgegee word.

Fred Jacobs, president van die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid, het gesê die loonverhoging van 52% sal verreikende gevolge in enige bedryf hê. “Dit gaan boere dwing om hul boerderymetodes te heroorweeg.”

Hy glo nie meganisering sal onmiddellik plaasvind nie, maar ’n tendens word.

“Die nuwe minimum loon kan dalk ekonomies uitvoerbaar wees in die Wes-Kaap waar die landboubedryf goed ontwikkel is, maar die R105 per dag geld vir die hele land en dit kan baie ernstige gevolge hê in plattelandse streke waar landbou minder intensief en armoede volop is. Die laaste ding wat ons nodig het, is nóg werkloses op die platteland.

“Dit sal beteken meer desperate mense gaan na die stede stroom in die hoop om werk te vind. Dit sal die bestaande maatskaplike probleme in die stede vererger.”

Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi), het gesê die AHi steun die verhoging, want navorsing wys baie plaaswerkers voer ’n sukkelbestaan.

Daar is konsensus dat ondervoede, ongeskoolde en onderbetaalde plaaswerkers die landbou se toekoms bedreig en uit ’n moreel-etiese perspektief ongeregverdig is.

Maar baie opkomende boere het skuld aangegaan om hul boerderye te begin. Die AHi meen die geweldige styging in produksiekoste moet dringend aandag kry.

Frans Cronje, adjunkhoof van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge, het op Twitter gesê hy het met twee landbougroepe gepraat en hulle verwag kleinskaalse en middelslagboere sal vandeesmaand hul personeel met die helfte verminder.

Hy het gesê die getal plaaswerkers het die afgelope dekade met 34% tot 640000 afgeneem. In 2001 het 7,7% van die totale arbeidsmag in die landbousektor gewerk. Verlede jaar was dit 4,7%.

Eerste werkers gepos

Belasting vir gegradueerdes – ANC


Die ANC het verlede jaar by sy verkiesingskonferensie in Mangaung ‘n resolusie aanvaar om ‘n belasting op gegradueerdes in te stel, het die Sowetan Donderdag berig.

Belasting vir gegradueerdes - ANC

Themba Masondo, sekretaris-generaal van die South African Students’ Congress (Sasco), wat deel was van die onderwyskommissie, het die ooreenkoms oor die belasting bevestig.

Afgevaardigdes in die onderwys- en gesondheidskommissie het besluit dat oorweging “gegee moet word aan ‘n belasting vir alle gegradueerdes van hoër onderwysinstellings”.

Inligting oor die veelbesproke belasting is vaag, en geen verduideliking is gegee oor wanneer dit geïmplenteer gaan word of die persentasie wat gehef sal word nie.

Themba Masondo, sekretaris-generaal van die South African Students’ Congress (Sasco), wat deel was van die onderwyskommissie, het die ooreenkoms oor die belasting bevestig. Hy het aan die koerant gesê Sasco is gekant daarteen.

“As ‘n organisasie het ons ‘n aantal kwessies geopper oor die belasting. Hulle is nie so duidelik oor hoe dit gaan werk nie.”

Masondo is egter ten gunste van ‘n algemene heffing, waar mense uit hoë inkomstegroepe meer betaal.

Luidens die ANC se resolusies is die doel van die belasting om die koffers van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) aan te vul. Dié hulpskema sal na verwagting ‘n groot rol speel in die regering se planne om gratis opvoeding aan alle voorgraadse studente te bied.

Gratis opvoeding sal waarskynlik volgende jaar ingestel word.

Belasting kom dalk vir gegradueerdes