Skep moed & stop die moorde


Die regering se stilswye oor plaasmoorde skep agterdog onder die publiek.

Video LinkYouTube

Plase nié ‘spesiale gebiede’ – minister


Plase is nie spesiale gebiede in gemeenskappe nie en verdien nie meer polisiefokus as enige ander gebied in die land nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.

Plase nié 'spesiale gebiede' – minister

Nathi Mthethwa

“Ek weier om toe te tree tot die idee dat plase spesiale gebiede in ons samelewing is,” het hy op ‘n ontbytvergadering in Johannesburg gesê.

“Nee, hulle is nie. Hulle vorm deel van die landelike beveiligingsplan.”

Mthethwa het gesê die beveiligingsplan hanteer misdaad en geweld in al die landelike gebiede.

“Ons praat van die nedersettings en die algemene misdaad is in die landelike gebiede. Hier het ons ook plase.”

Mthethwa het gesê sekere landbougroepe maak plaasmoorde ‘n politieke kwessie.

Op 15 Januarie het die burgerregte-organisasie AfriForum gesê Mthethwa se swye oor plaasaanvalle grens aan sameswering.

“Die minister se stilte oor die toename van plaasaanvalle is ‘n skande,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van Afri­Forum, gesê.

“Indien die minister ernstig is oor die beskerming van Suid-Afrikaners, sou hy plaasaanvalle jare gelede tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar het.”

Roets het reageer op berigte van ‘n bejaarde paartjie wat op hul plaas naby Parys in die Vrystaat vermoor is.

Mthethwa het ook die behoefte van ‘n groter oorsig vir die polisie bespreek.

– SAPA

Plase nié ‘spesiale gebiede’ – minister

Wat gaan dit nóg kos om regering oor plaasaanvalle te laat luister?


Volgens oorlewering het koningin Marié-Antoinette oor die honger gepeupel buite gesê: “As hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.” Toe rol haar kop – letterlik.

Wat gaan dit nóg kos om regering oor plaasaanvalle te laat luister?

Toe Afriforum ‘n petisie oor plaasaanvalle aan die minister van polisie wou oorhandig, sê die minister Afriforum is besig met ‘n publisiteitsfoefie. Intussen het plaasmoorde nie opgehou nie, soos nog gister deur Maroela berig is.

Die leiers van politieke partye wat wél gereeld mediaverklarings oor plaasmoorde uitreik, en dit nié vir goedkoop publisiteit doen nie, moet diep delf om woorde te vind daarvoor om nie soos ‘n vasgehaakte plaat te klink nie. In Afrikaans is daar ‘n ryke verskeidenheid uitdrukkings om te sê iemand is gekoring of het streepsuiker gekry, maar vir plaasmoorde is daar maar een woord. Selfs die byvoeglike naamwoorde soos wrede, grusame en skokkende is voor die einde van Januarie elke jaar reeds “uitgeput.” Maar plaasmoorde en plaasaanvalle stop nie aan die einde van Januarie nie, en dit hou ook nie aan die einde van Desember van ‘n gegewe jaar op nie.

Die regering, die regerende ANC en ‘n paar politieke partye het duidelik nie ‘n probleem om woorde te vind nie, want hulle laat hulle amper nooit daaroor uit nie.

Die publiek sou waarskynlik erg ontgogel wees sou hulle weet wat dikwels agter die skerms aangaan – hoe plaasmoorde ‘n politieke skaakspel word. ‘n Geskokte Wes-Kaapse provinsiale leier van ‘n klein opposisieparty wou sy party se nasionale stem oor plaasaanvalle laat hoor, en daag op by ‘n beraad van provinsiale leiers met die partyleier met ‘n reeds voorbereide verklaring oor ‘n plaasmoord in Noordwes die vorige nag. Die partyleier weier egter om die verklaring uit te reik omdat die ANC dan sê hy is ‘n meeloper van die witmense, en so haal ‘n mediaverklaring Beeld waar die Wes-Kaapse leier hom oor ‘n plaasmoord in Noordwes uitlaat.

Kort hierna word die partyleier deur ‘n gewone lid gekonfronteer oor die party so min oor plaasaanvalle sê. Seepglad word dit die media se skuld: “Maar ons reik gereeld verklarings oor plaasaanvalle uit, dis die media wat dit nie dra nie.” Nodeloos om te sê die betrokke provinsiale leier is nie meer lid van die party nie.

Maar hoe lyk die aanbied van die boodskap, publisiteitsfoefie of nie, waarvoor die regering en ‘n aantal ander partye so doof is?

As Afriforum, wat van ‘n publisteitsfoefie beskuldig is, en plaasaanvalle saam ge-Google word lewer dit 17 400 trefslae op. Afriforum en plaasmoorde het 30 200 trefslae. Afriforum en plaasmoord het 34 900 trefslae, en Afriforum en farm murder 9 860. Daar is nog kombinasies in Afrikaans en Engels wat ingevoer kon word. Beeld se argief vir Afriforum en plaasmoord* lewer 47 trefslae op.

Maroela Media en plaasmoord lewer 2 280 Google-trefslae op, wat skrikwekkend baie is vir ‘n kuberkoerant wat net meer as ‘n jaar oud is. Voeg daarby nog trefslae wat die meervoud en ook plaasaanval en plaasaanvalle sou oplewer en die grusaamheid blyk duidelik.

“TLU SA” en plaasmoord lewer 12 100 Google-trefslae op. “Agri SA” en plaasmoord lewer 21 900 trefslae op.

In Beeld se argief lewer DA en plaasmoord* 93 trefslae op. In Volksblad is dit 175, en in Die Burger 64.

Omdat die Volksblad dikwels oor plaasmoorde berig, word vir die ander vergelykings net na dié koerant se beriggewing oor politieke partye se “aandeel” in plaasmoorde gekyk: ACDP en plaasmoord* 53 (almal provinsiale nuusverklarings), Vryheidsfront* en plaasmoord 36, Cope en plaasmoord* 25 en CDP en plaasmoord* 17 (laasgenoemde is nie in die wetgewer verteenwoordig nie en kry nie veel algemene nuusdekking nie, hoewel meer as in Beeld en Die Burger).

Word ‘n individu deur plaasaanvalle geraak, kan hy of sy ook heelwat Google-trefslae oplewer. Word die skrywer van hierdie nuuskommentaar se naam saam met plaasmoord ge-Google lewer dit 14 400 trefslae op. En saam met plaasaanvalle 12 100. Meer bekende name sal meer trefslae oplewer.

Voeg hierby dat talle gemeenskapsrdiostasies en –koerante nie aan die kuberruim gekoppel is nie, en dit skets vaagweg ‘n prentjie van hoe dikwels plaasaanvalle en plaasmoorde die nuus in die land – en ook die buiteland – haal.

Geen analis kan tot enige ander slotsom kom nie as dat die regering uiters traag is om die probleem by die naam te noem. Dit skep die indruk van werklikheidsvervreemding by minstens ‘n deel van die gemeenskap.

Kenners wys daarop dat die trauma wat die slagoffers van plaasaanvalle beleef dikwels erger is as “gewone” trauma, en word soms viktiminologie genoem. Hierdie vorm van trauma word dikwels in verband gebring met die gevoel van blootgesteldheid, soos weens die kwesbaarheid van plase, maar ook die gevoel dat die persoon in die steek gelaat is deur diegene wat hom of haar moes beskerm (soos die regering met die afskaffing van die kommando’s).

‘n Tipiese soort inset is wanneer ‘n dowe oor gedraai word vir dit wat moontlik is. Op die oomblik is die landbou onder geweldige druk om stukrag aan verskeie regeringsprojekte te gee, maar na verwagting gaan die minister van arbeid Maandag aankondig dat die minimumloon vir plaaswerkers tot R105 per maand verhoog word. Agri SA se dr. Theo de Jager wys daarop dat dit tot sowat 100 000 werksverliese gaan lei, presies die teenoorgestelde as wat die Nasionale Ontwikkelingsplan beoog. Sekere bedrywe soos groenteboerdery sal na verwagting dan ter wille van oorlewing en Suid-Afrika se kosmandjie na buurlande moet verskuif.

En dit lyk onwaarskynlik dat van die emosioneel opgesweepte werkers wat op R150 per dag bly aandring tevrede sal wees met ‘n minimumloon van R105 per dag – al verhinder bloot ekonomiese werklikhede boere om meer as die minimumloon te betaal.

Boere in Suid-Afrika verloor voorts miljarde rande per jaar weens vee-, gewas- en gereedskapdiefstal, en ander soort plaasaanvalle soos brandstigting. Eskom probeer sy tariewe veel hoër as die inflasiekoers aanpas, wat op sy eie heelwat gevestigde boere uit die bedryf sal dwing, en beginnerboere feitlik geen kans op oorlewing bied nie.

Die ANC teer vir steun op populêre persepsies en dit besorg hom steun – maar dit skep ook onmoontlike verwagtings wat die regeertaak eintlik onmoontlik maak.

Met die wasmasjiene vir almal wat in 1994 beloof is wat nog nie opgedaag het nie, en koek wat omtrent tot ANC-verjaarsdagvieringe beperk is, raak die speelruimte vir nog beloftes sonder om ‘n Zimbabwe te trek bitter klein.

Maar so lank daar ‘n populistiese opvatting bestaan en selfs gevoed word dat selfs nog meer bloed uit die klip getap kan word, so lank, lyk dit, gaan die ANC hom doof hou vir die werklikhede daarbuite.

Want om op innoverende wyses te probeer om die regering se ver te kry om die werklikheid van plaasaanvalle in die oë te kyk is mos ‘n publisiteitsfoefie.

Deur Herman Toerien op 30 Januarie 2013

Nuuskommentaar: Wat gaan dit nóg kos om regering oor plaasaanvalle te laat luister?

Slegs ure later nóg ’n Vrystaat plaasaanval


SLEGS ure nadat ’n bejaarde egpaar van Parys se lyke in hul plaas-snoepwinkel gevind is waar hulle wreed vermoor is, is ’n vrou van die Kroonstad-distrik gister in die vroeë oggendure met ’n knopkierie buite haar plaashuis oor die kop geslaan.

Slegs ure later nóg ’n Vrystaat plaasaanval

Malani Pitout is gister in die vroeë oggendure met ’n knopkierie oor die kop geslaan op die plaas Malana in die distrik Kroonstad. Sy het knoppe en kneusplekke opgedoen.

Intussen is ’n 30-jarige man en 46-jarige vrou gister in hegtenis geneem weens die wrede moord op Ernst (75) en Annetjie van Rooyen (74) van die plaas Somerset.

Die man is ’n eertydse werknemer van die Van Rooyens, het konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, gesê.

’n Samsung-selfoon en kruideniersware wat aan die egpaar behoort het, is in hul besit gevind.

Skerp reaksie en veroordeling is uit verskeie oorde ontvang weens die vlaag plaasaanvalle wat die afgelope maand in die Noord-Vrystaat plaasgevind het.

Die aanvaller wat Malani Pitout (48) van die plaas Malana by Kroonstad met ’n knopkierie geslaan het, het haar op haar Sotho-naam aangespreek en sy meen hulle het presies geweet wie sy is.

“Hulle het lank gewag. ’n Mens kon die spore sien waar hulle heel moontlik van die vorige middag af al in die skaapkraal weggekruip het. Ek dink die diefwering is voor die tyd al afgesaag sodat hulle later kon inklim. Hulle het seker nie gedink daar gaan iemand by my in die huis wees nie. Gewoonlik is ek alleen,” sê Pitout (48).

Sy sê as haar verloofde, Diederick Reinecke, nie die aand daar was nie, is sy sekerlik dood in haar huis aangetref.

Sy het knoppe op haar kop en bloukolle opgedoen, en is gekneus en seer, maar “is verder eintlik heel oukei.”

Reinecke het ook kneus- en skaafplekke opgedoen in ’n stoeiery met die aanvallers.

Pitout sê haar honde het die Dinsdag omstreeks 23:00 erg geblaf. Later, om 01:00 die oggend, het die honde weer geblaf. Reine-cke het gaan ondersoek instel en twee onbekende mans in die badkamer aangetref.

“Hy het die deur toegedruk en vir my geskree ek moet hardloop. Toe ek by die slaapkamerdeur uithardloop, sien ek hulle druk die deur van die badkamer oop en stoei met Diederick. Ek het na my broer se huis begin hardloop. Toe ek so 50m ver is, het een wat buite was, my met ’n knopkierie oor die kop geslaan. Toe val ek. Hy het my nog geslaan en geskop. Hy het my aan my nagklere se kraag gesleep en vir my in Sotho gesê ek moet saamkom.

“Hy het vir my gesê: ‘Thula, Masabata, thula.’ Dit is my Sotho-naam, so hy het presies geweet wie ek is,” sê Pitout. Sy kon egter daarin slaag om los te ruk.

Haar gille het haar broer, Nico Lategan, wat sowat 150m weg in ’n ander huis woon, wakker gemaak. Hy het ’n skoot geskiet en die aanvallers het gevlug.

“Die plaaswag en boere was binne minute op die toneel. Hulle het die aanvallers naby een van die koppies in die omgewing gesien, maar hulle het weggekom,” sê Pitout.

Die polisie het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

‘Net die doodstraf sal help’

VINGERS word uit verskeie oorde na die regering gewys oor sy oënskynlike onwilligheid om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Ongeveer ’n honderd Suid-Afrikaners wie se lewe deur plaasaanvalle verwoes is, se stories gaan vandag in Pretoria aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa, oorhandig word, sê AfriForum.

Die slagoffers gaan van die minister eis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ’n prioriteitsmisdaad te verklaar, sê die organisasie.

Nóg ’n plaasaanval in die vroeë oggendure gister op ’n vrou in die distrik Kroonstad bring die getal plaasaanvalle in die Noord-Vrystaat vanaf die begin van Desember op ses te staan.

Die DA-LP vir die Fezile Dabi-distrik en die party se adjunkwoordvoerder oor staatsveiligheid, Theo Coetzee, sê: “Alleen die herinstelling van die doodstraf kan die hoë misdaadsyfer, waarvan plaasmoorde, moorde, aanvalle, verkragtings en molestering van vroue en kinders die grootste gedeelte uitmaak, bekamp.

“Al beteken dit dat ons nou moet aandring op ’n referendum hieroor.”

Hy het, soos verskeie ander belanghebbendes skerp gereageer op die dubbele plaasmoord op ’n bejaarde egpaar van Parys, asook etlike ander plaasaanvalle wat die afgelope maand voorgekom het in die Noord-Vrystaat.

Ernst (75) en Annetjie van Rooyen (74) is Dinsdagoggend in die snoepwinkel wat hulle op die plaas Somerset by Parys bedryf het, dood gevind.

Coetzee sê die aanvalle en moorde die afgelope tyd in die distrik bedreig die land se veiligheid en versoening.

“Die DA kan hom nie daarmee versoen dat die minister van polisie weier om plaasmoorde en aanvalle te klassifiseer as prioriteitsmisdade nie.

“Nog ’n probleem is die minister van staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, se laksheid om betrokke te raak.”

Bertus van der Westhuizen, Vrystaatse veiligheidsverteenwoordiger van TLU-SA, sê hulle het met skok en afgryse verneem van die moord op die Van Rooyen-egpaar.

“Ons wil ons ernstige kommer uitspreek oor die skynbare toename in plaasvoorvalle die afgelope maand in die Noord-Vrystaat.”

Van der Westhuizen sê bekommerde en woedende boere het hom ná die Van Rooyens se moord gekontak en hul misnoeë duidelik en onomwonde uitgespreek oor die veiligheidsituasie op plase.

“TLU-SA-Vrystaat betreur die feit dat die landbousektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie onder hierdie onveilige en ongunstige omstandighede moet funksioneer.”

Hy moedig boere aan om groter beheer oor hul eie veiligheid te neem deur by georganiseerde landbou in te skakel en so deel te word van hul plaaslike veiligheidstrukture.

“Indien daar nie strukture in plek is nie, moet boere leiding neem en strukture in plek kry,” sê Van der Westhuizen.

Boere moet hul marnetradio’s afstof en weer in werking kry, want kommunikasie is baie belangrik,” sê hy.

Carina Serfontein, DA-raadslid vir die Ngwathe-munisipaliteit, sê dit is onaanvaarbaar dat bejaardes as sagte teikens beskou word.

“Aanvalle soos hierdie dui op ’n verval van moraliteit in ons samelewing. Nie te lank terug nie het pres. Jacob Zuma ’n oproep gedoen om morele herlewing in Suid-Afrika.

“Solank die owerhede nie die veiligheid van ons burgers kan verseker nie, sal moraliteit verder agteruitgaan en aanvalle soortgelyk aan hierdie aanhou plaasvind.”

Die VF+ het die Van Rooyen-moord ten sterkste veroordeel.

“Wat opvallend is, is dat in vier van die ses gevalle die slagoffers ouer as 60 jaar was. Dit dui op ’n lafhartigheid van aanvallers om bejaardes te teiken.

“Hierdie vlaag van plaasmoorde in die Noord-Vrystaat is totaal onaanvaarbaar en elke plaasmoord is een te veel,” sê Abrie Oosthuizen, die Vrystaatse leier van die VF+.

Hy sê die minister van polisie, die premier van die Vrystaat en die Vrystaatse LUR van polisie se swye oor plaasmoorde, maak die regering aandadig aan plaasaanvalle.

Deur Marlene Jordaan

Slegs ure later nóg ’n VS-plaasaanval

Plaasmoorde, Te erg vir woorde


Terwyl die regering erg taai in die bek is om plaasmoorde konsekwent as euwel te erken en te veroordeel, vind diegene wat dit wel doen dit moeilik om elke keer woorde daarvoor te vind. Aan die een kant wil iemand wat die erns besef en deernis met die naasbestaandes en gemeenskap het, elke mediaverklaring en media-onderhoud die spesiale aandag verleen wat dit verdien, maar die woordeskat om elke plaasmoord sy eie unieke bewoording te kan gee is te beperk. Daar is net te veel sulke moorde. In die tydperk na pres. Jacob Zuma se staatsrede verlede jaar was daar vir ongeveer ‘n week gemiddeld een plaasmoord per dag.

Plaasmoorde, Te erg vir woorde

Plaasmoorde in Suid-Afrika

Ten tweede laat die grusaamheid van die moorde die woorde in die verstand stol.

Ook Maroela het die kwessie al verskeie kere in besprekings onder die loep geneem. Hieronder tel die nuuskommentare, Die boer se *oer, Misdaadstatistiek en persepsies daarvan, en Plaasmoorde, volksmoord en jou vriende en Plaasmoorde, die onvoltooide boek . Maroela het lesers ook deurgaans met berigte op die hoogte gehou daarvan.

AfriForum, wat met die veldtog, “Stop die moorde” begin het, oorhandig vandag ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, se stories aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Die slagoffers gaan van die minister eis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel sal saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig word. Dit bevat 80 gedrukte briewe, sowel as ʼn DVD waarop ongeveer 20 plaasmoordslagoffers hul boodskappe aan die minister oordra. Die slagoffers wat op die DVD verskyn, sluit Susan Nortje, suster van Wilna en tannie van klein Willemien Potgieter in.

‘n Paar dae tevore het AfriForum minister Nathi Mthethwa daarvan beskuldig dat sy stilswye aan aandadigheid grens. Verlede week het AfriForum ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien oor Mthethwa se onverantwoordelike hantering van die plaasmoordkrisis.

Volgens die TLU-SA se syfers was daar verlede jaar effens minder plaasmoorde as die vorige jaar se 52, maar plaasaanvalle en geweld tydens plaasaanvalle neem toe. TLU-SA sê dit lyk of dit met meer haat gepaard gaan. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het voor die Nederlandse parlementêre komitee oor buitelandse sake getuig plaasmoorde gaan dikwels met besonder sadistiese geweld gepaard.

Dit is vir iemand wat al blootstelling aan ‘n plaasmoord, en van die gewelddadige plaasaanvalle gehad het, haas moeilik om te dink dat daar nog meer ruimte is om nog meer gewelddadig te wees.

Die jaar 2013 het nog skaars begin of een van die slagoffers van die rits aanvalle by Muderdrift sterf, en ‘n bejaarde egpaar is op ‘n plaas buite Parys vermoor. Volgens ProAgri was dit die vyfde aanval in die gebied sedert die begin van Desember. In een van die aanvalle is ‘n bejaarde boer, Jannie du Plessis, in die maag geskiet en het ‘n nier verloor terwyl se toestand kritiek was.

Terwyl instansies diep in hul woordeskat delf om genoeg woorde te vind om die euwel aan te spreek, duur plaasaanvalle steeds voort en is daar min of meer ‘n dawerende stilte uit regeringsgeledere daaroor – en ongelukkig ‘n hele aantal opposisiepartye ook.

Dit is so dat die regering nie sekere bevolkingsgroepe kan voortrek nie – hy is immers veronderstel om in almal se belang te regeer – maar “oorpresteer” te dikwels in die teenoorgestelde soos met rasbegunstigde aanstellings en bevorderings en SEB-maatreëls. Boonop dui syfers daarop dat die plaasmoordenaars ook nie dieselfde sentimente koester nie en dat die aantal boere en hul gesinslede wat vermoor word, pro rata hoër as die land se “gewone” moordkoers is. En dié is in elk geval onder die hoogstes ter wêreld.

Intussen toon die opvolgboek van Kraal-uitgewers, Treurgrond, dat plaasmoorde inderdaad ‘n onvoltooide boek sal wees. En die ink vertel ‘n verhaal wat te erg vir woorde is. ‘n Verhaal wat ook nie die kinders ontsien nie.

Lappop

Van onder die lyk
kruip die kind uit
Bebloed, waansinnig bang
Gryp haar lappop,
Geskeur met spierwit
watte wat by die borsie uitdop
Besete pluk en pluk
die watte uit die pop
Soos om die geskokte seer
uit haar eie borsie te skeur
syg sy
hartverskeur
tussen haar ouers
se lyke neer

Sprokie vir ‘n plaaskind

Slaap nou lekker sag my kind
Buite pluk saggies die wind
Voor die vensters is die tralies lekker yslik dik
Terwyl die staanhorlosie die nagure wegtik
Liewe Jesus is hier by jou grootman
Hy sal jou trou bewaar soos net Hy kan
Teddie en seekoei lê teenaan jou snoesig saam
Wagter en Bruno patrolleer die werf tesaam
Langsaan slaap pappa en mamma lig
Die baie gewere binne sig
Die tweerigtingradio altyd aan
Buite helder skyn die gele maan
Grootman, jy moet lekker slaap
More kom skeer hulle skaap
Dan moet jy kom help keer
En jou oorleefstryd leer
Slaap maar rustig Grootman

(Uit: Plaasaanvalle, Te erg vir woorde )

Deur Herman Toerien op 17 Januarie 2013

Nuuskommentaar: Plaasmoorde, Te erg vir woorde

Farm attacks: Mthethwa’s ‘silence’ slammed


Police Minister Nathi Mthethwa remains silent on farm attacks to an extent that borders on collusion, Afriforum said on Tuesday.

Farm attacks Mthethwas silence slammed

Police Minister Nathi Mthethwa (Picture: Sapa)

The minister’s silence on the scourge of farm attacks is a disgrace,” the civil rights organisation’s deputy chief executive Ernst Roets said in a statement.

If the minister is serious about the protection of South Africans, he would have declared farm attacks a priority crime years ago.

Roets was reacting to reports that an elderly couple were found dead on a farm near Parys, Free State, on Tuesday.

Mthethwa’s spokesperson Zweli Mnisi said Afriforum was “racialising” the crime.

Their allegations that the minister is not speaking out against farm attacks is a clear sign of selective analysis and listening,” he said.

We do not just speak out, we act against any criminality that occurs within farms, and when we speak about farm attacks, we do not racialise crime like they do.

He said the government intended dealing with all rural crime.

As government we commit ourselves to fighting crime in whatever form it manifest[s] itself in our society – including farm killings.

Police spokesperson Colonel Thandi Mbambo said the couple was found dead in a tuck shop they ran from a garage on the farm on Tuesday.

The husband was found on the floor of the tuck shop, with his feet tied and head covered with a material sack,” she said.

The body of the woman, aged between 70 and 75, was found stuffed into a freezer. No visible injuries were found on their bodies.

The bodies were taken to the state mortuary where post mortems would be conducted to determine the cause of their deaths.

A domestic worker arrived at the house at 07:30 on Tuesday, found the farm house ransacked and the couple missing.

A neighbour arrived and helped search for them, until they were found in the tuck shop.

No arrests had been made.

– SAPA

Farm attacks: Mthethwa’s ‘silence’ slammed

Plaasmoord: Aanval en moord op Brits bejaardes


Brits. – ’n Hulpelose 94-jarige vrou is hier op ’n plaas deur vier rowers met ’n warm pan gebrand, in haar gesig geslaan en rondgepluk; haar 74-jarige seun is met drie skote van agter doodgeskiet; haar 62-jarige seun is in die maag geskiet; en haar agterkleinseun is met ’n mes in die kop gesteek.

Plaasmoord Brits

Hekkie Barnard (74, voor) en sy broer, Nico. Hekkie het in die aanval gesterf en Nico is in die maag gewond.

Dié gruverhaal het hom gister in die vroegoggend op die plaas Geluk buite Brits in Noordwes afgespeel.

Maria Barnard (94) was gisteraand veilig in haar seun, Johan, se huis in Murrayfield in Pretoria. Sy kon nie veel van die aanval vertel nie, maar het gesê sy kan nie hoor nie, want “hulle het my op my oor geslaan”.

Johan se broer, Hekkie (74), is dood nadat hy van agter in die kop, die skouer en die rug geskiet is. Sy ander broer, Nico (62), eienaar van die familieplaas Geluk, is een keer in die maag geskiet. Hy is gisteraand geopereer in die Ga-Rankuwa-hospitaal.

Johan het gisteraand gesê hy is verbitterd. “My broer is ’n skiettrofee van die ANC en misdadigers.”

Volgens hom was Nico besig om ontbyt te maak toe hy die honde hoor blaf. Hy het die deur oopgemaak en is dadelik in die maag geskiet. Die rowers het geld en vuurwapens gevra.

Die rowers het voor die aanval Barnard se agterkleinkind, Adam (40) – wat in ’n tweede huis op die plaas woon, en sy gesin aangeval. Adam, sy vrou, Daleen, en sy twee kinders, Adam jr. en Jaco, is aangerand en vasgemaak. Adam is met ’n strykyster aan die bobeen gebrand. Hul selfone, skootrekenaars en geld is gesteel.

Die rowers is daarna na Barnard se nabygeleë huis, waar hulle haar met die pan gebrand het wat Nico besig was om te gebruik.

Nico se tienerseun, Nico jr. (16), is twee keer met ’n mes in die kop gesteek. Hy is na behandeling in ’n plaaslike hospitaal ontslaan.

Die rowers het drie vuurwapens en Barnard se handsak en geld gesteel.

Hekkie het glo probeer weghardloop en is toe in die rug geskiet.

“Wat het Ouma en Hekkie aan hulle gedoen? My dogter is ook vier maande gelede dood. Ek voel leeg,” het Johan gesê.

Charles Nelson, wat naby Geluk boer, het gister op die toneel gesê in die laaste drie maande was daar vier plaasaanvalle in daardie omgewing.

Die wreedaardigheid van plaasaanvalle waartydens mense onnodig gemartel en vermoor word al het die aanvallers reeds hul buit gekry, is vandeesweek tydens die bekendstelling van ’n verslag van Solidariteit se navorsinginstituut bekend gemaak. Plaasmoorde gaan met baie meer geweld en marteling gepaard as wat mense weet, is by die verslag se bekendstelling gesê.

Lt.kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die Barnard-gesin se aanvallers het met ’n Nissan Navara, R10 000, selfone en vuurwapens weggekom.

Die Navara is later verlate op die Bethanie-pad gevind, berig Hilda Fourie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Brits plaasmoord

Maria Barnard (94) gister in haar seun se huis in Murrayfield, Pretoria. Sy is op die arm gebrand met die pan waarin haar seun Nico besig was om ontbyt te maak toe hulle vroeg gisteroggend aangeval is. Haar ander seun is in die aanval, op ’n plaas naby Brits, doodgeskiet. Foto: Lisa Hnatowicz

Bron – Martel-aanval

Optog teen plaasmoorde mag voortgaan


Pretoria – Die stad se hooggeregshof het in die guns van AfriForum beslis dat die burgerregtegroep mag voortgaan met sy optog teen plaasmoorde, het Beeld berig.

AfriForum het vroeër in ‘n verklaring gesê hy gaan die hof nader vir toestemming om volgende naweek met sy optog teen plaasmoorde voort te gaan.

Dit volg nadat die Tshwane-metropolisie aanvanklik aangedui het dat hulle geen beswaar teen die voorgenome optog het nie, maar later gesê het “topbestuur” weier om toestemming vir die optog te gee.

Verskeie bekende Suid-Afrikaners, waaronder Steve Hofmeyr, het reeds aangedui dat hulle aan dié optog gaan deelneem.

Die beplande optog is Saterdag om 10:00 van Kerkplein na die polisie se hoofkantoor in Pretoria.

BronOptog teen plaasmoorde mag voortgaan

Gesprek oor plaasmoorde


Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt.

Bron – Youtube

Genocide with farm killings in South-Africa: a shocking testimony


This is a 10 minutes extract from the stunning documentary ‘War of the Flea’ from director Rian van der Walt published in 2011. It contains shocking information on the genocide that is being carried out under ANC-rule in the ‘new’ South-Africa against the white minority of the ‘Afrikaners’ by farm killings or ‘plaasmoorde’. It was shown at an international conference in the European Parliament in februari 2012, in the presence of farmers’ spokesman Henk Van de Graaf and hosted by Philip Claeys, member of the European Parliament for the Vlaams Belang-party.

(Note:war of the flea‘ means ‘guerilla warfare‘).

Source – YouTube – Genocide with farm killings in South-Africa: a shocking testimony