Villiers-boer sterf ná plaasaanval


Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat op 6 Januarie geskiet en saam sy vrou ure lank in ‘n kluis toegesluit is, is Vrydagaand oorlede.

Villiers-boer sterf ná plaasaanval

Jannie du Plessis

Du Plessis se seun, Jannie jnr., het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig sy pa is Vrydagaand net voor 20:00 oorlede. Du Plessis (64) se linkernier is vroeër suksesvol verwyder. Hy was Donderdagaand egter nog kritiek.

Die egpaar is Sondagoggend, 6 Januarie, omstreeks 04:00 by hul plaashuis aangeval.

Villiers-boer sterf ná plaasaanval

Twee verdagtes vas vir Parys-moorde in Vrystaat


Twee mense is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n bejaarde paartjie op die plaas Somerset naby Parys in die Vrystaat, het die Valke gesê.

Twee verdagtes vas vir Parys-moorde in Vrystaat

“’n Man en ‘n vrou is Woensdagmiddag by Zambala langs Sasolburg in hegtenis geneem in verband met die moord,” het kapt. Paul Ramaloko gesê.

“’n Man en ‘n vrou is Woensdagmiddag by Zambala langs Sasolburg in hegtenis geneem in verband met die moord,” het kapt. Paul Ramaloko gesê.

Hulle was in besit van items wat aan die slagoffers behoort het, insluitend ‘n selfoon.

Die man (30) en vrou (46) sal Vrydag in die Parys-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en diefstal, het Ramaloko gesê.

Die polisie in die Vrystaat het Dinsdag gesê die paartjie se lyke is in ‘n snoepwinkel wat hulle uit ‘n motorhuis op die plaas bestuur het gevind.

“Die man se lyk is op die grond in die snoepwinkel gevind, met sy voete wat vasgebind was en ‘n materiaalsak oor sy kop,” het kol. Thandi Mbambo gesê.

Die vrou se lyk is in ‘n kisvrieskas gevind.

Geen sigbare beserings kon op die lyke gevind word nie,” het Mbambo gesê.

Die slagoffers se lyke is na die staatslykhuis geneem waar nadoodse ondersoeke gedoen sal word om die oorsaak van hul dood te bepaal.

Die polisie sê ‘n huishulp het Dinsdag om 07:30 by die huis opgedaag en het gevind dat die huis geplunder was.

Die vrou het na die paartjie gesoek, maar kon hulle nie vind nie.

‘n Buurpersoon het ook opgedaag om te help soek, totdat hulle in die snoepwinkel gevind is.

Ramaloko sê die motief vir die moord is onbekend en ondersoeke duur voort.

Twee verdagtes vas vir Vrystaat-moorde

Plaasmoord: Aanval en moord op Brits bejaardes


Brits. – ’n Hulpelose 94-jarige vrou is hier op ’n plaas deur vier rowers met ’n warm pan gebrand, in haar gesig geslaan en rondgepluk; haar 74-jarige seun is met drie skote van agter doodgeskiet; haar 62-jarige seun is in die maag geskiet; en haar agterkleinseun is met ’n mes in die kop gesteek.

Plaasmoord Brits

Hekkie Barnard (74, voor) en sy broer, Nico. Hekkie het in die aanval gesterf en Nico is in die maag gewond.

Dié gruverhaal het hom gister in die vroegoggend op die plaas Geluk buite Brits in Noordwes afgespeel.

Maria Barnard (94) was gisteraand veilig in haar seun, Johan, se huis in Murrayfield in Pretoria. Sy kon nie veel van die aanval vertel nie, maar het gesê sy kan nie hoor nie, want “hulle het my op my oor geslaan”.

Johan se broer, Hekkie (74), is dood nadat hy van agter in die kop, die skouer en die rug geskiet is. Sy ander broer, Nico (62), eienaar van die familieplaas Geluk, is een keer in die maag geskiet. Hy is gisteraand geopereer in die Ga-Rankuwa-hospitaal.

Johan het gisteraand gesê hy is verbitterd. “My broer is ’n skiettrofee van die ANC en misdadigers.”

Volgens hom was Nico besig om ontbyt te maak toe hy die honde hoor blaf. Hy het die deur oopgemaak en is dadelik in die maag geskiet. Die rowers het geld en vuurwapens gevra.

Die rowers het voor die aanval Barnard se agterkleinkind, Adam (40) – wat in ’n tweede huis op die plaas woon, en sy gesin aangeval. Adam, sy vrou, Daleen, en sy twee kinders, Adam jr. en Jaco, is aangerand en vasgemaak. Adam is met ’n strykyster aan die bobeen gebrand. Hul selfone, skootrekenaars en geld is gesteel.

Die rowers is daarna na Barnard se nabygeleë huis, waar hulle haar met die pan gebrand het wat Nico besig was om te gebruik.

Nico se tienerseun, Nico jr. (16), is twee keer met ’n mes in die kop gesteek. Hy is na behandeling in ’n plaaslike hospitaal ontslaan.

Die rowers het drie vuurwapens en Barnard se handsak en geld gesteel.

Hekkie het glo probeer weghardloop en is toe in die rug geskiet.

“Wat het Ouma en Hekkie aan hulle gedoen? My dogter is ook vier maande gelede dood. Ek voel leeg,” het Johan gesê.

Charles Nelson, wat naby Geluk boer, het gister op die toneel gesê in die laaste drie maande was daar vier plaasaanvalle in daardie omgewing.

Die wreedaardigheid van plaasaanvalle waartydens mense onnodig gemartel en vermoor word al het die aanvallers reeds hul buit gekry, is vandeesweek tydens die bekendstelling van ’n verslag van Solidariteit se navorsinginstituut bekend gemaak. Plaasmoorde gaan met baie meer geweld en marteling gepaard as wat mense weet, is by die verslag se bekendstelling gesê.

Lt.kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die Barnard-gesin se aanvallers het met ’n Nissan Navara, R10 000, selfone en vuurwapens weggekom.

Die Navara is later verlate op die Bethanie-pad gevind, berig Hilda Fourie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Brits plaasmoord

Maria Barnard (94) gister in haar seun se huis in Murrayfield, Pretoria. Sy is op die arm gebrand met die pan waarin haar seun Nico besig was om ontbyt te maak toe hulle vroeg gisteroggend aangeval is. Haar ander seun is in die aanval, op ’n plaas naby Brits, doodgeskiet. Foto: Lisa Hnatowicz

Bron – Martel-aanval

Noord-Kaapse man wreed aangerand


Kuruman – ‘n Noord-Kaapse man is gister wreed op sy plaas naby Kuruman aangerand.

Polisiewoordvoerder, Cherelle Ehlers, sê dat drie onbekende mans in Joseph van Heerden se huis ingebreek het en die bejaarde man aangerand het. Die verdagtes het in Van Heerden se Toyota Hilux bakkie gevlug. Ehlers sê dat Van Heerden tans in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal is, maar sy kon nie uitbrei oor die aard van sy beserings nie.

Van Heerden was alleen toe die aanval plaasgevind het.

Hierdie is een van verskeie plaasaanvalle wat sedert die begin van Junie aangemeld is. – Sapa

Bron – OFM – Noord-Kaapse man wreed aangerand